<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?><song><aka>Here, hoeveel blye dae</aka>
<key>E</key>
<lyrics>[V1]
. E      B B7        E
 Here, hoeveel blye dae
.  B          A      E      B
 vloei soos strome kalm en rein,
.  E      B             E
 sonder kommer, sonder klae,
. B        A         E    B
 vol van vreugde en sonneskyn!

[C1]
.   E       E      B        B
   Word ek soms gekwel deur lyding,
.   C#m    B     C#m    G#
   wil ek kla oor U kastyding,
.  C#m      B        E    A
   weet ek dis van korte duur
.   E      B   A        B  E
   uit my vreugde, net 'n uur.

[V2]
. E       B           E
 Skenk U nie in U ontferming
.  B      A      E      B
 meer as wat ek ooit verwag?
.  E      B             E
 Leef ek nie in U beskerming,
. B    A      E    B
 in U liefde elke dag?

[C2]
.   E     E7      B      B7
   Gee U my nie duisend kere,
.  C#m    B     C#m    G#
   onverdiend U seën, Here?
.  C#m        B       E       A
   Selfs al moet ek leed verduur,
.   E         B A  B       E
   bring dit se-ën op die duur.

[V3]
. E       B                E
 Van die velde, uit die strome,
. B       A      E        B
 uit die dieptes van die see,
. E       B              E
 uit die wolke, van die bome,
. B       A    E    B
 deel U milde seën mee.

[C3]
.   E       E7       B       B7
   Jaar en maand en dag en stonde,
.  C#m    B   C#m   G#
   elke vlugtige sekonde
.  C#m    B     E     A
   het U liefde en U trou
.    E        B       A  B  E (G)
   Steeds oor my die wag gehou

[V4]
.G      D              G
 As U guns ons hier benede
.D       C      G      D
 sóveel lewensvreugde bied,
. G      D    C    D   G
 watter saligheid en vrede
. D       C      G    D
 sal ons eens by U geniet

[C4]
.  G       G7      D      D7
   as ons deur U Gees se leiding,
.  Em       D       Em       B
   met die diepste hartsverblyding,
.  Em      D        G         C
   van U, Heer, ontvang die kroon,
.  G       D      C  D   G
   voor U Heil'ge hemeltroon!</lyrics>
<title>LB Vyf Sewe Een</title>
<presentation>E G</presentation>
</song>